Nomtsas Safaris

Nomtsas News

albert@nomtsas.com

News

Landschaften beim Sossusvlei

click on this link to find averages of Tollies sold as from 2009 until today

 

EK WIL BETER STAAN op die veiling.
Ek staan te ver voor!!! „Die pryse het eers later beter geraak“
Ek staan te ver agter!!! „Die kopers was vol gekoop, die lorries was vol, die podium was leeg toe my bees opkom“
Ek wil in die middel staan!!

Geagte verkopers, hier is die feite:
Die eerste krale kry nie slegter pryse nie! Ons het dit nagegaan en sien duidelik geen verskil tussen eerste en middelkrale nie.
bring jou diere twee dae voor die tyd en jy het voorkeur op eerste krale. As ons voer beskikbaar het, wat meestal die geval is, sal ons voer aan jou verkoop, of bring jou eie voer - hier is bakke en krippe en ons sal na jou diere kyk!
soos wat die bees inkom word die krale volgemaak, hier word nie voorkeur gegee aan enigiemand nie, hetsy van sy diere al die vorige dag afgeklim het!
GEEN voorkeur word aan n spesifieke ras gegee nie!
September het al in die verlede beter pryse gehad en daartoe gely dat vele verkopers net September wil verkoop. Dit is n groot fout! Bring jou diere wanneer hulle ideal vir die voerkraal of vleismark is. Bel ons voor die tyd en vind uit. Moenie bargain op tye van die jaar nie!

Die pryse dwars oor 2015 was beter as verwag. Alle veilings was groter as verwag en die aanbod het amper en soms die navraag oorskry. Gelukkig het WLA baie moeite gedoen om verdere kopers te mobiliseer en ek dink die kwaliteit bees op Nomtsas het nog steeds sterk trek-krag.

Ons is dus bemoeid om nog beter diere aan te bied en alle verkopers te motiveer om verder top kwaliteit kalwers te produseer.

Ons gaan, om druk uit die aanbod te haal, n kaans waag en 5 veilings in 2016 aanbied. Aangesien die tydperk tussen November en April baie lank is, sal ons 2016 ook in Februarie n veiling aanbied.

wat moet ek wanneer bring?
swaarder diere word gewoonlik eerder aan die begin en einde van die jaar duurder verkoop. Bring dus jou stoorosse in November en jou slagdiere in Februarie.
ligte speenkalwers gee tussen April en Julie beter pryse, aangesien die Voerkrale nog baie plek vir ligte diere het.
September is speenkalftyd, maar goeie pryse word net vir ideale speenkalwers met n speengewig van 240kg betaal.
April is gewoonlik produksietyd, bring dus jou koeie en verse in April en as jy baie trots op hulle kan wees, stuur fotos, videos en informasie, ons sal hulle so beter kan bemark.